aktiwiteite
Image


Prospektus


  Hoof: Renate Snyman
Skool Tel: 012 253 1148
Skool Faks: 086 628 3565
E-pos: renate.snyman@absamail.co.za
  laai af in Word



'n Hartlike welkom by Monte! Ons wil die vertroue uitspreek dat u kind gelukkig in ons skool sal wees en, en vra dat u die vrymoedigheid sal he om enige probleem met my te bespreek.

BELEID EN DOEL
Ons handhaaf ‘n oop beleid en u as ouer moet ten alle tye die vrymoedigheid neem om enige klagtes of probleme rakende u kleuter met die hoof te bespreek. Om elke kleuter die geleentheid te gun om ten volle te ontwikkel op alle terreine ter voorbereiding vir graad R. Ons streef daarna dat elke kleuter sy volle potensiaal sal bereik, deur gehalte opvoeding, met deernis en liefde.

VISIE
Om elke kleuter die geleentheid te gun om ten volle te ontwikkel op alle terreine ter voorbereiding vir graad R. Ons streef daarna dat elke kleuter sy volle potensiaal sal bereik, deur gehalte opvoeding, met deernis en liefde.

MISSIE
Ons streef daarna om:
  • ‘n Veilige hawe te skep vir die kleuters
  • die geleenthede te bied aan al die leerders om te ontwikkel in alle fasette van menswees, sodat hulle die eise van ‘n voortdurende veranderende węreld kan hanteer
  • Intellektueel optimaal te bevoordeel deur ons ontwikkelingsprogram
  • Gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning te bied vir die kleuters.
SKOOL URE
6:00 - 18:00
Montč sluit stiptelik teen 18h00. Halfdag sluit stiptelik 13h15. ‘n Boete van R20.00 per 5 minute sal gehef word vir kinders wat laat afgehaal word.

Ons versoek ook dat die kleuters nie later as 08h20 skooltoe sal kom nie. Dit stel hulle in staat om die maksimum tyd van die leerprogram te benut.

KURRIKULUM
As dubbelmedium skool word onderrig in Afrikaans en Engels aangebied. Onderrig sal derhalwe afwisselend in beide tale aan een groep aangebied word. Die benutting van 'n nagevorsde kurrikulum met spesifieke doeleindes vir verskillende ouderdomsgroepe. 'n Geintegreerde Britse en 2005 pre-primere kurrikulum word gebruik. Implimentering geskied op 'n gedifferensieerde basis en volgens ouderdomsgroepe.
  • KLASGROOTE
Maksimum 20 kinders.

RAPPORTE/ VERSLAE
Rapporte word uitgegee in die 1ste, 2de en 4de termyn. Ons het daarna 'n oueraand waar ouers die geleentheid het om met die betrokke onderwyseres hul kind se vordering te bespreek.

Ons het egter die beleid dat die ouers enige tyd welkom is, om enigiets te kom bespreek en die personeel maak deur die jaar ook afsprake met ouers indien nodig. Daar word ook terapie aanbeveel indien nodig. Daar word van alle gesprekke en verwysings rekord gehou.

FASILITEITE
  • Opvoedkundige speelgoed
  • Klim en klouter apparaat
  • Skoon sandput
  • Gras areas
SKOOLURE
Ons volg elke dag 'n program wat min of meer as volg uitsien:

DAGPROGRAM (3-6 Jaar)
  • 06h00 - 08h00 : AANKOMS / VRYSPEL
  • 08h00 - 08h20 : ONTBYT
  • 08h20 - 09h00 : TEMA BESPREKINGS
    - taalontwikkeling
    - insidentele wiskunde
  • 09h00 - 09h30 : BUITESPEL
  • 09h30 - 10h30 : SKEPPEND
  • 10h35 - 11h00 : BUITESPEL
  • 11h05 - 11h50 : OPVOEDKUNDIGE AKTIWITEITE
  • 11h50 - 12h00 : TOILET
  • 12h00 - 12h30 : MIDDAGETE
  • 12h30 - 13h00 : BUITESPEL
  • 13h05 - 14h30 : ONTSPANNING
  • 14h30 - 14h45 : TOILET
  • 14h45 - 15h00 : LIGTE VERVERSINGS
  • 15h00 - 18h00 : VRYSPEL

    VERTREK
RUSTYD
Die DEPARTMENT VAN GESONDHEID vereis dat kleuters wat die skool bywoon sal rus. Elke kleuter word met sy/haar eie matras en kussing voorsien. Kleuters moet hulle eie gemerkte kombers saambring.

AFWESIGHEID
Dit is absoluut noodsaaklik dat leerders die skool gereeld bywoon om optimale resultate te behaal. Indien 'n leerder om 'n werklik ernstige rede afwesig is, sal dit waardeer word indien die ouer op die oggend van die afwesigheid sal skakel of sms.

TELEFOONOPROEPE
Beperk asseblief telefoonoproepe tussen 8:30 en 12:00, aangesien dit dan die belangrikste en besigste tyd van die skooldag is. Sms’e is egter enige tyd welkom.

KLASSE
Die skool beskik oor vyf klasse.

• Eendjieklas: 1-2 jariges [Laura Bellingham]
• Beertjiesklas: 2-3 jariges [Mary-Ellen Busse]
• Apiesklas: 3-4 jariges [Bernice Post ]
• Olifantjiesklas: 4-5 jariges [Brenda Bayman]
• Leeutjiesklas: 5-6 jariges [Karen Botha]

INSKRYWINGSGELD EN FOOIE
Die skoolfooie vir 1 Januarie tot 31 Desember 2012 is soos volg:

INSKRYWINGS
‘n Intreefooi van R400 per kleuter is betaalbaar met registrasie.

SKOOLFOOIE
Voldag: R1637.00 x 11 maande
Halfdag: R1091.00 x 11 maande

Daarna R200 herregistrasiefooi per kleuter aan die begin van elke jaar.

Die skoolfooie word jaarliks op 1 Januarie verhoog. Skoolfooie is vooruit betaalbaar voor of op die 3de van elke maand.

Internet batalings is baie welkom. ‘n Bewys van betaling kan ge-email, gefaks of aan die hoof oorhandig word.

SEKURITEIT EN VEILIGHEID
Veiligheid van ons kinders is van uiterse belang, daarom het ons die hek voor by die skool waar ouers en kinders in - en uitgelaat word. 'n Kind moet te alle tye vergesel word deur 'n ouer, alvorens hy die perseel mag verlaat. Geen kinders mag voor die hek afgelaai word nie, kinders moet ten alle tye vergesel word in die skoolgronde.

Slegs persone met nodige toestemming mag kinders oplaai.

Die hek word elektronies beheer. Lui die en wees asb geduldig totdat ‘n onderwyseres kan oopmaak. Die hek bly ten alle tye toe.

UITSTAPPIES EN INSTAPPIES
Verskeie in-en-uitstappies word gereel deur die jaar, indien u wil weet wanneer die betrokke aktiwiteit is kan u ons dagboek op http://www.montecreche.co.za/dagboek.htm  besoek.

ETES
Die skool voorsien die kleuters van drie etes: twee gebalanseerde etes (oggend- en middagetes) word voorsien asook vrugte, broodjies en koeldrank, water, tee.

Ontbyt: 8:00
Middagete: 12:00
Broodjies: 15:30

TOILETROETINE
Trek u kleuter gemaklik aan sodat hy/sy self kan aan-en-uittrek. Die nodige hulp en toesig word aan kleuters gegee wat nog sukkel.

MEDIKASIE
Geen siek kleuters word toegelaat by die skool nie ~ Dit is ‘n vereiste van die gesondheidsdepartement. Ek as hoof het ‘n verantwoordelikheid teenoor ander ouers om seker te maak dat olike kleuters by die huis sal bly, veral as dit aansteeklike siektes is. Solank u kleuter op medikasie is, hoort u kleuter eintlik tuis. Indien daar vereis word dat u kleuter medisyne binne skoolure moet kry, moet dit asseblief in ‘n medisyne-boek aangeteken word, met u handtekening daarby. Die medisyne moet fisies in die betrokke onderwyseres se hande geplaas word.

Indien u kind siek word by die skool sal u as ouer onmiddelik in kennis gestel word.

IMMUNISERINGSKAART
‘n Afskrif van u kind se immuniseringskaart moet op die eerste dag van bywoning ingehandig word, tesame met ‘n afskrif van u kind se geboortesertifikaat.

SPEELGOED / JUWELE / HAARTOEBEHORE
Speelgoed, juwele (insluitend horlosies), eetgoed word onder geen omstandighede by die skool toegelaat nie.

FONDSINSAMELINGS:
Ons hou gedurende die jaar fondsinsamelings en die opbrengste word aangewend vir:
  1. Sand en speelgoed vir die sandput
  2. Buite-apparaat en instandhouding daarvan
  3. Fantasie- en konsertklere
  4. Opvoedkundige speletjies en musiekprogramme
  5. Skryfbehoeftes, gom en verf.
OPSIONELE BUITEMUURSE AKTIWITEITE
Deelname aan die buite-kurrikulęre program is in belang van die gesonde en gebalanseerde ontwikkeling van elke kind en ouers behoort hul kinders hiertoe aan te moedig.

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag
       
8:30 Monkeynastix
R120 registrasiefooi
R350 per termyn
Lizelle Bezuidenhout
Tel: 083 557 0607
8:30 - 11:00
Stimulus Maxima Rekenaars
R360 per termyn
Lena Jacobs
Tel: 0824976966
8:30 - 10:30
Musiek
R280 per termyn
Roelien
Tel: 0828254403
10:30 - 12:30
Playball
R50 registrasie
R330 per kwartaal
Hendrik Kotze
Tel: 0833842720

11:00 Pottebakkery
R30 admingelde
R390 per kwartaal
Annelize Kleynhans
Tel: 0827790378
    12:30 Ballet
R100 registrasie
R95 per maand
Mariette Kloppers
Tel: 0827881670
       
*Rekenaars - Stimulus Maxima
*Musiek - Kiddi Beat
*Pottebakkery - Beaux-Arts


VAKANSIES:
Monte is oop vakansies, maar is gesluit op openbare vakansiedae en naweke.


Indien u egter enige verdere navrae het moet asb nie huiwer om ons te kontak nie.

Groete

Renate Snyman


Kontak ons  |  Site Map






Image
Image
image